Lectionary Calendar
Thursday, May 16th, 2024
the Seventh Week after Easter
Attention!
StudyLight.org has pledged to help build churches in Uganda. Help us with that pledge and support pastors in the heart of Africa.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Ester 10

1 Daarna het koning Ahasvéros 'n belasting op die land en op die kuslande van die see gelê.2 En al die dade van sy mag en sterkte en die noukeurige berig oor die grootheid van Mórdegai waartoe die koning hom verhoog het, is dit nie beskrywe in die kroniekboek van die konings van Medië en Persië nie?3 Want die Jood Mórdegai was die tweede in rang onder koning Ahasvéros; en hy was groot by die Jode en 'n liefling by die menigte van sy broers, omdat hy die heil van sy volk gesoek en tot welsyn van sy hele nageslag gespreek het.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile