Lectionary Calendar
Friday, May 17th, 2024
the Seventh Week after Easter
Attention!
Tired of seeing ads while studying? Now you can enjoy an "Ads Free" version of the site for as little as 10¢ a day and support a great cause!
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 122

1 'n Bedevaartslied. Van Dawid. Ek was bly toe hulle vir my gesê het: Laat ons na die huis van die HERE gaan!2 Ons voete staan in jou poorte, o Jerusalem!3 Jerusalem wat gebou is soos 'n stad wat goed saamgevoeg is,4 waarheen die stamme optrek, die stamme van die HERE- 'n voorskrif vir Israel! - om die Naam van die HERE te loof.5 Want daar staan die stoele vir die gereg, die stoele van die huis van Dawid.

6 Bid om die vrede van Jerusalem; mag hulle wat jou liefhet, rustig lewe!7 Mag daar vrede wees in jou skanse, rus in jou paleise!8 Ter wille van my broers en my vriende wil ek spreek: Vrede in jou!9 Ter wille van die huis van die HERE onse God wil ek die goeie vir jou soek.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile