Lectionary Calendar
Friday, May 17th, 2024
the Seventh Week after Easter
Attention!
StudyLight.org has pledged to help build churches in Uganda. Help us with that pledge and support pastors in the heart of Africa.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 142

1 'n Onderwysing van Dawid, toe hy in die spelonk was. 'n Gebed. 2 Hardop roep ek die HERE aan, hardop smeek ek die HERE.3 Ek stort my klagte uit voor sy aangesig; ek maak voor sy aangesig my nood bekend.

4 As my gees in my versmag, dan ken U my pad. Op die pad wat ek moet gaan, het hulle 'n vangnet vir my gespan.5 Ek sien uit na regs en kyk, maar daar is niemand wat my ken nie; die toevlug is vir my verlore; niemand vra na my nie.6 Ek roep U aan, o HERE! Ek sê: U is my skuilplek, my deel in die land van die lewendes.7 Luister na my smeking, want ek is baie swak; red my van my vervolgers, want hulle is vir my te sterk.

8 Lei my siel uit die gevangenis om u Naam te loof. Die regverdiges sal my omring as U aan my goed doen.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile