Lectionary Calendar
Thursday, May 16th, 2024
the Seventh Week after Easter
Attention!
Take your personal ministry to the Next Level by helping StudyLight build churches and supporting pastors in Uganda.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 148

1 Halleluja! Loof die HERE uit die hemele; loof Hom in die hoogtes!2 Loof Hom, al sy engele, loof Hom, al sy leërskare!3 Loof Hom, son en maan, loof Hom, alle ligtende sterre!4 Loof Hom, hoogste hemele en waters wat bo die hemele is!5 Laat hulle die Naam van die HERE loof; want Hy het bevel gegee- en hulle is geskape.6 En Hy het hulle in stand gehou vir altyd, vir ewig; Hy het 'n wet gegee wat geeneen oortree nie.

7 Loof die HERE van die aarde af- groot seediere en alle dieptes!8 Vuur en hael, sneeu en damp, stormwind wat sy woord volbring;9 berge en alle heuwels, vrugtebome en alle sederbome,10 wilde diere en alle vee, kruipende diere en gevleuelde voëls;11 konings van die aarde en alle volke, vorste en alle regters van die aarde;12 jongelinge en ook jongedogters, oues saam met die jonges- 13 laat hulle die Naam van die HERE loof! Want sy Naam alleen is hoog; sy majesteit is oor aarde en hemel!14 En Hy het 'n horing vir sy volk verhef: 'n roem vir al sy gunsgenote; vir die kinders van Israel, die volk wat naby Hom is. Halleluja!

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile