Lectionary Calendar
Friday, May 17th, 2024
the Seventh Week after Easter
Attention!
Take your personal ministry to the Next Level by helping StudyLight build churches and supporting pastors in Uganda.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 39

1 Vir die musiekleier; vir Jedútun. 'n Psalm van Dawid. 2 Ek het gesê: Ek wil my weë bewaar, sodat ek nie sondig met my tong nie; ek wil my mond in toom hou solank as die goddelose nog voor my is.3 Ek was stom in stilte, ek het geswyg, ver van die goeie af; maar my smart is aangewakker.4 My hart het warm geword in my binneste; 'n vuur het ontvlam by my gesug; ek het gespreek met my tong:5 HERE, maak my einde aan my bekend en wat die maat van my dae is; laat my weet hoe verganklik ek is.6 Kyk, U het my dae 'n paar handbreedtes gemaak, en my leeftyd is soos niks voor U nie; ja, as pure nietigheid staan elke mens daar! Sela.

7 Waarlik, die mens wandel as skadubeeld rond; ja, hulle woel verniet; hulle stapel op en weet nie wie dit sal insamel nie.8 En nou, wat verwag ek, o Here? My hoop is op U.9 Red my van al my oortredinge; maak my nie 'n smaad van die dwaas nie.10 Ek is stom, ek sal my mond nie oopmaak nie; want U het dit gedoen.11 Neem u plaag van my weg; ek vergaan vanweë die bestryding van u hand.12 Tugtig U die mens met strawwe oor die ongeregtigheid, dan laat U sy skoonheid vergaan soos deur 'n mot; ja, elke mens is 'n asemtog! Sela.13 Hoor, HERE, my gebed, en luister na my hulpgeroep; swyg nie by my trane nie; want ek is 'n vreemdeling by U, 'n bywoner soos al my vaders.

14 Wend u oog van my af, dat ek vrolik kan word voordat ek heengaan en daar nie meer is nie.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile