Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Tired of seeing ads while studying? Now you can enjoy an "Ads Free" version of the site for as little as 10¢ a day and support a great cause!
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 8

1 Vir die musiekleier; op die Gittiet. 'n Psalm van Dawid.2 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde! U wat u majesteit gelê het op die hemele.

3 Uit die mond van kinders en suiglinge het U sterkte gegrondves, om u teëstanders ontwil, om die vyand en wraakgierige stil te maak.4 As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het- 5 wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek?6 U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon.7 U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:8 skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld,9 die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.

10 o HERE, onse Here, hoe heerlik is u Naam op die ganse aarde!

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile