Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Tired of seeing ads while studying? Now you can enjoy an "Ads Free" version of the site for as little as 10¢ a day and support a great cause!
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 3

1 'n Psalm van Dawid toe hy gevlug het vir sy seun Absalom.2 o HERE, hoe het my teëstanders vermenigvuldig! Baie staan teen my op.3 Baie sê van my: Daar is geen heil vir hom by God nie. Sela.

4 Maar U, HERE, is 'n skild wat my beskut, my eer en die Een wat my hoof ophef.5 Luid roep ek die HERE aan, en Hy verhoor my van sy heilige berg. Sela.6 Ek het gaan lê en aan die slaap mag raak; ek het wakker geword, want die HERE ondersteun my.7 Ek sal nie vrees vir tien duisende van mense wat rondom teen my gereed staan nie.8 Staan op, HERE; verlos my, my God! Want U het al my vyande op die kakebeen geslaan; U het die tande van die goddelose stukkend gebreek.

9 Die heil behoort aan die HERE; laat u seën wees oor u volk! Sela.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile