Lectionary Calendar
Thursday, May 16th, 2024
the Seventh Week after Easter
Attention!
StudyLight.org has pledged to help build churches in Uganda. Help us with that pledge and support pastors in the heart of Africa.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 4

1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid.2 As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed!3 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela.4 Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep.5 Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela.

6 Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE.7 Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE!8 Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is.

9 Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile