Lectionary Calendar
Friday, May 17th, 2024
the Seventh Week after Easter
Attention!
Partner with StudyLight.org as God uses us to make a difference for those displaced by Russia's war on Ukraine.
Click to donate today!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 54

1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Onderwysing van Dawid, 2 toe die Sifiete gekom en aan Saul gesê het: Het Dawid hom nie by ons weggesteek nie? 3 o God, verlos my deur u Naam, en doen aan my reg deur u mag!

4 o God, hoor my gebed, luister na die woorde van my mond!5 Want vreemdes staan teen my op, en tiranne soek my lewe; hulle stel God nie voor hul oë nie. Sela.6 Kyk, God is my helper. Dit is die Here wat my siel ondersteun.7 Hy sal my vyande die kwaad vergelde. Vernietig hulle in u trou!

8 Vrywillig wil ek aan U offer; ek wil u Naam, o HERE, loof, want dié is goed;

9 want dié het my uit alle benoudheid gered, en my oog het met welgevalle op my vyande neergesien.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile