Lectionary Calendar
Friday, May 17th, 2024
the Seventh Week after Easter
Attention!
Partner with StudyLight.org as God uses us to make a difference for those displaced by Russia's war on Ukraine.
Click to donate today!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 56

1 Vir die musiekleier; op die wysie van: "Die Duif van die ver Terebinte." Van Dawid. 'n Gedig, toe die Filistyne hom gevang het in Gat. 2 Wees my genadig, o God, want mense vertrap my; hy wat my beveg, verdruk my die hele dag.3 My vyande vertrap my die hele dag, want baie veg teen my in hoogmoed.4 Die dag as ek vrees, sal ék op U vertrou.5 Deur God sal ek sy woord prys; ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan vlees my doen?6 Die hele dag verdraai hulle my woorde; al hulle gedagtes is teen my, om kwaad te doen.7 Hulle val aan, lê en loer- hulle let op my hakskene net soos hulle op my lewe geloer het.

8 Ondanks hul ongeregtigheid- sal hulle ontvlug? Werp volke neer in toorn, o God!9 U het my omswerwinge getel; hou my trane in u kruik; is hulle nie in u boek nie?10 Dan sal my vyande agteruitwyk op die dag as ek roep; dit weet ek dat God aan my kant is.11 Deur God sal ek die woord prys; deur die HERE sal ek die woord prys.12 Ek vertrou op God, ek vrees nie; wat kan 'n mens my doen?13 Op my, o God, rus geloftes aan U gedoen; lofoffers sal ek U betaal;

14 want U het my siel gered van die dood- ja, my voete van struikeling- om te wandel voor die aangesig van God in die lig van die lewe.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile