Lectionary Calendar
Friday, May 17th, 2024
the Seventh Week after Easter
Attention!
We are taking food to Ukrainians still living near the front lines. You can help by getting your church involved.
Click to donate today!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 61

1 Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid. 2 o God, hoor my smeking, luister na my gebed!3 Van die einde van die aarde af roep ek U aan as my hart beswyk; lei my op 'n rots wat vir my te hoog is.4 Want U het 'n toevlug vir my geword, 'n sterk toring teen die vyand.

5 Ek wil in u tent vertoef vir ewig, in die skuilplek van u vleuels my verberg. Sela.6 Want U, o God, het my geloftes gehoor; U het die besitting gegee van die wat u Naam vrees.7 Mag U dae by die koning se dae byvoeg; mag sy jare wees soos van geslag tot geslag.8 Mag hy vir ewig voor die aangesig van God op die troon sit; beskik goedertierenheid en trou, dat dié hom bewaar.

9 Só wil ek psalmsing tot eer van u Naam tot in ewigheid, om my geloftes te betaal, dag ná dag.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile