Lectionary Calendar
Wednesday, April 8th, 2026
Wednesday in Easter Week
Attention!
For 10¢ a day you can enjoy StudyLight.org ads
free while helping to build churches and support pastors in Uganda.
Click here to learn more!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Jesaja 12

1 En in dié dag sal jy sê: Ek dank U, HERE, dat U toornig op my gewees het; u toorn is afgewend, en U het my vertroos.2 Ja, God is my heil, ek sal vertrou en nie vrees nie; want die HERE HERE is my krag en my psalm, en Hy het my tot heil geword.3 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.

4 En julle sal in dié dag sê: Dank die HERE, roep sy Naam aan, maak sy dade onder die volke bekend, verkondig dat sy Naam hoog is!5 Psalmsing tot eer van die HERE, want Hy het heerlike dinge gedoen; laat dit bekend wees op die hele aarde.6 Juig en jubel, o inwoners van Sion! Want die Heilige van Israel is groot in julle midde.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile