Lectionary Calendar
Saturday, May 18th, 2024
Eve of Pentacost
Attention!
Take your personal ministry to the Next Level by helping StudyLight build churches and supporting pastors in Uganda.
Click here to join the effort!

Read the Bible

Afrikaans Bible

Psalms 98

1 'n Psalm. Sing tot eer van die HERE 'n nuwe lied, want Hy het wonders gedoen; sy regterhand en sy heilige arm het Hom gehelp.2 Die HERE het sy heil bekend gemaak, sy geregtigheid voor die oë van die nasies geopenbaar.3 Hy het gedink aan sy goedertierenheid en sy trou aan die huis van Israel; al die eindes van die aarde het die heil van onse God gesien.

4 Juig voor die HERE, o ganse aarde, breek uit en psalmsing!5 Psalmsing tot eer van die HERE met die siter, met die siter en die stem van gesang,6 met trompette en basuingeklank; juig voor die aangesig van die Koning, die HERE!7 Laat die see bruis en sy volheid, die wêreld en die wat daarin woon.8 Laat die riviere in die hande klap, die berge tesame jubel9 voor die aangesig van die HERE; want Hy kom om die aarde te oordeel; Hy sal die wêreld rig in geregtigheid en die volke met reg.

 
adsfree-icon
Ads FreeProfile